|
|
|
De Kat - William Kentridge (Afrikaans) - 01/05/2007 |
|
|
|

Help betaal vir die vertonings van Die towerfluit vir minder bevoorregte kinders deur wyn te koop van ses van Suid-Afrika se top-wynprodusente met uitgesoekte Towerfluit-beelde op hul etikette.
Internationaal bekroonde kunstenaar, William Kentridge, het in samewerking me Rand Merchant Bank (wat die produksie Die towerfluit later vanjaar na Suid-Afrika bring) besluit om fondse in te samel om gratis oggendvertonings van Die towerfluit aan minder bevoorregte kinders te bied.

As deel van hierdie inisiatief het Kentridge ses van Suid-Afrika se top-wynprodusente die geleentheid gebied om uitfgesoekte Towefluit-beelde op hul etikette te druk, om die substantiele koste van die gratis oggendvertonings koste van die gratis oggendvertonings te help dek. Die kelders wat aan die fondsinsameling deelneem, is: Boeken-houtskloof, Hamilton Russel Vineyards, Meerlust, Quoin Rock, Rustenburg en Tokara.
Elke kelfer het 'n reserwewynseleksie saamgestel - in hoeveelhede wat wissel van 50 tot 500 kaste - wat in die kelder se naam verkoop kan word, maar elk met sy eie unike Kentridge-etiket, afkomstig van die talle beelde wat Kentride vir Die towerfluit se stel geskets het.
Die Kentridge-uitgawes sal teen 'n premiumprys verkoop word, sodat die bykomende inkomste die kelders in staat sal stel om elkeen R50 000 by te dra om die koste van die spesiale oggendvertonings te dek.
Die towerfluit word al vir die afgelope twee jaar op Europese verhoe vertoon en Kentridge se stelontwerp word regoor die kontinent de hoogste lof toegeswaai.
|
|